h1

Vergifnis

“Maar dit is die gees in die mens wat die mens insig gee, die gees wat van die Almagtige af kom.” – Job 32:8

Vergifnis handel nie oor ander mense nie. Dit handel oor jouself. Dit is daar sodat jý vrymaking kan beleef. In die meeste gevalle word daar vergewe om lossmaking vanaf ‘n situasie te ontvang, maar vergifnis is daar sodat elkeen vrygemaak kan word, en God, deur ons verheerlik kan word.

Daar word dikwels vasgehou aan onvergewensgesindheid, en dit is slegs die mens self wat die gevolge daarvan dra. Indien daar vasgehou word aan onvergewensgesindheid word daar in die verlede beweeg en word die verlede konstant saamgedra. Die oomblik wat daar vergifnis is, tree vrymaking en lossmaking in.

Die Gees van God het my gemaak, die asem van die Almagtige het my die lewe gegee.” – Job 33:4

Elke mens kom van die Gees van God, en die asem van die Almagtige af. Elke mens is dus gees.

Wanneer die alarm jou in die oggend wakker maak, watter deel van jou word wakker; die liggaam of die siel?  

Indien dit jou liggaam is wat wakker gemaak was, beteken dit dat ‘n lyk sal wakker word wanneer daar ‘n alarm langs dit neergesit word! Dit is jou siel wat wakker word.  

Jou liggaam verbind jou aan die aarde. Jou gees en jou siel is veronderstel om een te wees, en dit verbind jou aan God en met die wêreld; jou siel verbind jou aan die wêreld en jou gees verbind jou aan God.

 

 Sien www.yadahministries.co.za vir aankoop van lesing

 

 

 

 

 

 

 

 

%d bloggers like this: